Mobi Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: Gedeelde Kruis
Replies: 2 Views: 899

oubaas 18.05.09 - 08:04am
Gedeelde Kruis
Deur: 'Butterfly'

Op my lewenspad o Heer
het ek my maat ontdek.
Sonder om te skroom het ek belowe
om die helfte van my maat se las op my te neem.
U ken die lengte, breedte en gewig
van elke mens se kruis.
Soms voel dit
asof ek die swaarste dra.
Bekommernis en vrae
verhoed my telkens om my seeninge
in volheid te ervaar.
Dan wys U my die merke
van wonde nagelaat
deur smart en lyding
op die skouers van my maat.
En ek besef o Heer
spesiaal is ek gekose
om die gedeelde kruis te dra.
Skenk my geduld, wysheid en krag.
Wanneer ek struikel onder druk
rig my weereens soos tevore op
dan sal ek geduldig wag
op sonskyn na die reen
stilte na die storm
glimlag na geween.
U het alwys besluit
ek is vir hierdie taak bevoeg.
My bron van krag
is U eindelose liefde en genade.
Dankie liefdevolle Vader
dit is vir my
oneindig meer as net genoeg. *

oubaas 18.05.09 - 08:07am
Amen. Prys die Here! *

oubaas 13.11.12 - 04:04am
Weet iemand wat van Butterfly geword het? Haar webtuiste bestaan nie meer nie sad2.GIF *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Create Your Own App Store